Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 7 of 7 matches in All Departments
Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp? Die Ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, gaan bly. Die Ramp waarin haar pa, motorwerktuigkundige en kranige fotograaf, sy sig verloor het en nou nie meer kan werk nie. Die Ramp wat alles verander het. Maretha Maartens skryf met haar ervare skrywershand ’n deernisvolle verhaal oor verlies, hoop en geloof.
"Dis Gina, Ouma, nie Gezina nie - Gina," dring Bokkie aan toe Ouma grootjie kom kuier.
Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek. Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.
Dis die onstuimige tagtigerjare.
Dit is in die ryptyd dat Elizabeth agterkom haar pa en ma het mekaar nie meer lief nie. Dit is ook in dié tyd dat Kurt vir 'n paar dae huis toe kom van die Grens af - Kurt wat al meet begin praat oor "liefde maak". Elizabeth wens hy wil uit haar lewe padgee - al het sy juis nou iemand nodig om mee te praat.
Dis die onstuimige tagtigerjare. Bethel Hendrix, haar broers en hulle
ma reis deur die land in 'n Kombi. Hulle leef 'n nomadiese bestaan en
bly net vir 'n kort ruk in een dorp voor hulle na 'n volgende beweeg.
Om die gesin aan die lewe te hou, verkoop Bethel se ma vetkoek. Maar
oral waar hulle kom, is dit duidelik dat die gesin anders is. Dat hulle
arm is. Dat hulle nie in 'n regte huis bly nie. Dat hulle ma anders lyk
en dink. Dat daar nie 'n pa saam met hulle is nie. Al wat Bethel graag
wil hê is 'n plek waar sy haarself kan wees.
"Waar is Dachau?" stamel Daniel. "Wat het ons gedoen dat ons ... dat ons daarheen moet gaan?" "Jy is 'n Jood," se Toiingkop saaklik. "Jy's met die verkeerde neus en die verkeerde vel en die verkeerde kleur hare en die verkeerde voorvaders gebore. Jy's die Joodse Probleem ..." Die vyftienjarige Daniel Rosendorf en sy ma kuier by familie in Bloemfontein toe sy pa uit Munchen laat weet dat daar nou plek is by die vioolbouer. Met warm goed, 'n joernaal, lapsak en vyf potlode vertrek hy na Europa met die Union Castle. In Munchen is alles egter nie meer dieselfde nie ... Die vuurhoutjiedooshuisie waarin hy en sy familie woon, is leeg en verwaarloos. Pa en Abigail het "in die nag weggegaan". En ruik hy sleg dat Elfriede met die bottelglas-oe hom so snaaks behandel? Daniel se lewe verander ingrypend wanneer hy deur Duitse soldate geforseer word om op die vragmotor te klim. Het hy genoeg chutzpah om hom deur die taaiste stryd van sy lewe te sien?. In die hemel eet 'n mens mieliepap is 'n meevoerende jeugverhaal wat die leser in kontak sal bring met 'n kaleidoskoop van intense gevoelens. Die onoorwinbare gees van die mens word treffend deur die pryswennerskrywer Maretha Maartens uitgebeeld.
|
You may like...
The Future Of Mining In South Africa…
The Mapungubwe Institute for Strategic Reflection
Paperback
When Love Kills - The Tragic Tale Of AKA…
Melinda Ferguson
Paperback
|